AF From Sarina

Dertig sekondes tussen twee klasse

Animo-kaart in room met die woorde: Dertig sekondes tussen twee klasse.

Die klok het gelui. Die vorige klas was moeilik, die volgende groep staan al by die deur, en iewers tussenin moet jy weer mens word.

Hoe gemaak?

Jy hoef nie ’n oefensessie of ’n stil kamer te hê om jou senuweestelsel te help kalmeer nie. Jy het net dertig sekondes nodig.

Die 30-sekonde "reset"

Die 30-sekonde "reset"

Probeer die volgende oefening tussen jou volgende twee klasse:

  1. Stop. Sit albei jou voete plat op die grond.
  2. Asem in deur jou neus vir drie sekondes.
  3. Asem stadig uit vir vyf sekondes.
  4. Ontspan jou skouers terwyl jy uitasem.
  5. Herhaal drie keer.

Dit is al. Jy hoef nie op te staan nie, en niemand hoef te weet jy doen dit nie.

Die sleutel

Moenie probeer om "te ontspan" nie.

Dit klink dalk teenstrydig, maar die poging om te ontspan kan self soos nog ’n taak voel. Fokus eerder op een ding: maak jou uitasem langer as jou inasem. Die res volg vanself.

Moenie probeer om te ontspan nie. Maak net jou uitasem langer as jou inasem.

Hoekom dit werk

’n Stadige, langer uitasem kan die parasimpatiese senuweestelsel ondersteun en jou liggaam help om van ’n toestand van spanning na ’n meer rustige toestand te beweeg.

Jou liggaam weet reeds hoe om asem te haal. Jy hoef dit nie te forseer nie. Laat die asemhaling net stadiger word en bring jou aandag vir ’n oomblik daarheen.

Dit is nie ’n oplossing vir ’n onredelike werklading nie. Dit maak nie die hoop boeke wat gemerk moet word kleiner nie. Maar dit kan die kringloop van spanning onderbreek. En op ’n dag wat eenvoudig te veel voel, is ’n klein onderbreking soms al wat beskikbaar is.

As dertig sekondes nie genoeg is nie

Dan is daar 'n minuut. Hier is een wat jou deur vyf stadige rondtes lei, met 'n sirkel om te volg. Dieselfde beginsel, net 'n bietjie langer.

Moenie probeer om te ontspan nie. Maak net jou uitasem langer as jou inasem.

Share this

Follow along

Two feeds, two languages. Pick whichever fits you.